Ons ontrafel die sensussyfers


Statistieke Suid-Afrika het pas sy jongste sensusverslag bekend gemaak. Suid-Afrika se bevolking het oor sowat ‘n dekade met 18% gegroei. Afrikaans is steeds die derde grootste taal in die land, al het die gebruikers daarvan met byna 3% gekrimp. Bruinmense maak net meer as 8% van die bevolking uit, en wit mense ongeveer 7% – ‘n afname van byna 4%. Maar wat beteken al hierdie syfers?

Om meer lig op die sensussyfers te werp, praat ons met Dawie Roodt van die Efficient-groep.