‘Ons rammelkas-ekonomie kort olie’


Die Suid-Afrikaanse ekonomie is soos ‘n ou rammelende ratkas, wat eerder goed versien moet word, as om die hele ratkas weg te gooi. Dis wat Daryl Swanepoel, bestuurshoof van die Inclusive Society Institute, sê. Hy skryf in ‘n meningstuk vir Netwerk24 dat daar ongelooflike potensiaal in die Suid-Afrikaanse ekonomie opgesluit is, as die ratkas net weer geolie kan word. Ons praat met hom oor die navorsing wat hom by hierdie gevolgtrekking gebring het.