Strawwe oefening kan jou hart beskadig


Het jy geweet dat atlete wat hulle harte tot die uiterste beproef soos in strawwe uithou-sport, soos die Comrades marathon, die Cape Epic fietstoer of strawwe ystermankompetisies, hulle hartstruktuur kan beskadig. Dié skade kan dan lei tot hartritme-stoornisse wat selfs tot skielike dood kan lei.

Presies hoe werk dit? Kan dokters voorspel wie ‘n groter risiko het?

Luister Woensdag 22 Mei om 11:30  na Gesondheid op RSG. Marí Hudson gesels met ’n hartspesialis oor die verband tussen strawwe sport en hartritme-defekte.

Hulle kyk ook na die jongste tegnologie om atriale fibrillasie (AF), die algemeenste hartritme-defek in ouer mense, te behandel. Strawwe oefening kan ook AF veroorsaak.