Oppas: ‘Osoon-terapie is ‘n foefie’


Gesondheid, Woensdag 30 Mei 2018

Wat is osoon, en kan osoonterapie help om siektes te behandel, of is dit ‘n foefie? En is daar iets soos ‘n vetverbrander? Marí Hudson praat met Prof. Helmuth Reuter, hoof van kliniese farmakologie by die mediese skool van die Universiteit van Stellenbosch, om vas te stel of osoonterapie werk, en kyk na middels wat as hoof- of newe-effek jou gewig kan help verloor, en of vetverbranders hierby inpas.