PCOS: mediese en dieet inligting


Het jy geweet vroue met polistiese ovariële sindroom ovuleer glad nie, en kan nie swanger raak nie? Maar dat, met die regte eetplan en onder toesig, meer as 80% self begin ovuleer het nadat hulle gewig verloor het? Het jy geweet dat oorgewig en insulienweerstandigheid glad nie deel is van die diagnose nie, maar wel soos olie op die vuur is? Het jy geweet dat baie van die vroue verkeerdelik met die anti-diabetesmiddel Metformin behandel word omdat baie dokters verkeerdelik glo dat die middel gewigsverlies aanhelp en tipe 2 diabetes kan voorkom? Prof Igno Siebert van die Aevitas Infertiliteitskliniek in Kaapstad werp lig.

Hoe het vroue met polistiese ovariële sindroom verkeerd geëet sodat hulle nie gewig kon verloor nie? Waarom help dit om 4 tot 5 ure tussen maaltye te wag? Waarom kan mens nie net armsvol vrugte eet nie? Dieetkundige Annchen Weidemann het vroue met PCOS gehelp.

Gewigsverlies is ‘n teer puntjie vir baie. As deel van RSG se skud-dit-afx2 eetplan om oorgewig mense te help om die ekstra vetjies af te skud, het ons dieetkundige Annchen Weidemann in die ateljee wat luisteraars se vrae sal beantwoord. Dis jou kans om die vrae wat jy oor dieet en dieetplanne het, te stel.

https://www.rsgplus.org/leefstyl/beste-dieetwenke-deur-2-dieetkundiges/