Phala Phala: Hoe nou?


Die afgelope 48 uur was een van die mees dramatiese tydperke in die politiek van die moderne Suid-Afrika. Binne ‘n paar uur nadat die regters (en advokaat) hulle verslag oor Phala Phala aan die Speaker oorhandig het, het die poltieke mag amper letterlik uit Cyril Ramaphosa begin vloei. Skielik het reg en verkeerd nie meer saakgemaak nie, maar of hy nog die steun van sy eie party gehad het. Teen gistermiddag laat was hy glo self gereed om te bedank, maar volgens berigte het sy ondersteuners aan hom gesê hierdie verslag het eintlik min om die lyf en hy moenie sommer op sy swaard val nie.

Ons staan stil, haal asem, neem ‘n tree terug en praat oor hoe die grondwet voor ons oë getoets word ná die chaos wat die regters se woorde in die land se politiek ontketen het. Politieke joernalis Jan-Jan Joubert sluit by ons aan.