Plan om olifante in Knysnabos te hervestig


Die Knysnabos is Suid-Afrika se grootste woud, en beslaan ongeveer 568 vierkante kilometer. Dié mistieke bos en sy olifante is wêreldwyd bekend gemaak deur Dalene Matthee se bosboeke, soos Kringe in ‘n Bos en Fiela se kind. Nou is daar egter net een olifant, ‘n koei, in die bos oor. ‘n Groep Knysna-inwoners wil nou probeer om nog olifante in die bos vry te laat.

Ons praat hieroor met Ivo Vegter, ‘n joernalis en inwoner van Knysna.