‘Polisie en misdadigers is een en dieselfde’


Die onlangse mediakonferensie deur die KwaZulu-Natalse polisiekommissaris, luitenant-generaal Nhlanhla Mkhwanazi, waar hy ernstige aantygings oor politieke inmenging deur die minister van polisie, Senzo Mchunu, gemaak het, laat al die hele week politieke bomme bars. In ‘n onlangse artikel op die aanlynpublikasie, BinneLand, skryf professor Piet Croucamp van die Noordwes-Universiteit se Sakeskool, dit is moeilik om tussen misdadiger en handhawers van die wet te onderskei in Suid-Afrika. Piet is ‘n kenner op georganiseerde misdaad.