Prostese ná amputasie regstreeks in been ingeplant


’n Span ortopede van Suid-Afrika het pas die eerste keer in Afrika ’n prostese regstreeks in die oorblywende geamputeerde bo-been van ’n jong vrou ingeplant. Dr Nando Ferreira,  die ortopeed van die Universiteit van Stellenbosch wat die span gelei het, vertel hoe dit gedoen is en wie hierby kan baat. Hy bespreek ook die voor- en nadele en die toekoms van dié soort prosteses pleks van tradisionele prosteses waar die stompie in ’n skede gedruk word.

Luister vandag om 11:30 na Gesondheid op RSG, aangebied deur Marí Hudson.