R130miljard vir groen energie; Homo Naledi; Booker-prys vir Damon Galgut


‘n Bedrag van meer as R130-miljard uit die buiteland om Eskom van steenkool te speen, hou glo groot voordele vir die land in.

Nuwe navorsing oor die omstrede oermens, Homo Naledi, word vandag bekend gemaak.

Die verkiesingsuitslag vir die Nelson Mandelabaai Metro is bekend. Die ANC en die DA is nek aan nek waar die DA 39,9% persent behaal het en die ANC 39,4%.

Die Suid-Afrikaanse skrywer, Damon Galgut, het die gesogte Booker-prys gekry vir sy roman, The Promise.