‘Regering blok buitelanders met skaars vaardighede’


Terwyl geskoolde mense met skaars vaardighede die land verlaat, doen die regering geen moeite om dit vir buitelanders met broodnodige vaardighede makliker te maak om hier te kom werk nie. Die teendeel blyk eerder waar te wees.

Dis die mening van dr. Jakkie Cilliers, stigter en raadsvoorsitter van die Instituut vir Sekerheidstudies.

Met die verkiesing om die draai, maak talle politieke partye geen geheim daarvan nie dat buitelanders en immigrante ‘n belangrike kwessie sal wees in hulle verkiesingsveldtogte.