Regsake: Moet jy krag verskaf aan ‘n huurder tydens beurtkrag?


Igna Klynsmith bepreek luisteraarsbriewe wat onder meer handel oor ‘n eiendom wat in ‘n BK geregistreer is met die eienaar as die enigste lid, en wat met die eiendom sou gebeur indien hy tot sterwe kom.

Hy bepreek ook salarisaanpassings a.g.v. beurtkrag en die vergoeding van dienste wat nie gelewer is nie.

Riëtte Oosthuizen praat oor die regte van ‘n derde persoon t.o.v. ‘n minderjarige kind.