Ruimtetuig in Psyche-sending oppad na asteroïede wat net uit metaal bestaan


Die Psyche-sending het onlangs ‘n tuig gelanseer na ‘n vreemde asteroïde, wat net uit metaal bestaan.

Ons vind meer uit van ‘n projek om laserstrale te gebruik om in die ruimte te kommunikeer.

Dit wil voorkom of die geld waarmee die Hubble- en Chandra-ruimteteleskope befonds word, aan die opdroog is. Die span praat oor die implikasie van dié verwikkeling, en die rol wat Edwin Hubble in sterrekunde gespeel het. Hy was die eerste om vas te stel dat die Andomedastelsel nie ‘n newel is nie. maar ‘n reuse sterrestelsel.