Hoe werk breindood?
By die Tygerberg Hospitaal is die land se eerste en tans nog enigste Lifepod waaksorg-eenheid ingerig vir die versorging van potensiële orgaanskenkers nadat hulle breindood verklaar is. Die man agter die idee en die groot dryfkrag onder ‘n groep mediese studente is Jonty Wright, nou in sy vyfde jaar van mediese studies.
Luister hieronder na die program oor breindood.

Jonty Wright in die Lifepod. Sy ma het die mooi en rustige plakpapier ontwerp wat ook die storie van orgaanskenking vertel.
Mediese studente het die land se eerste Lifepod-waaksorgbed vir potensiële orgaanskenkers, wat ná ‘n ongeluk in die hospitaal breindood verklaar word, by die Tygerberg Hospitaal ingerig. Wat is breindood? En hoekom benodig ‘n breindood persoon spesiale sorg om sy organe aan die gang te hou vir skenking?