SA se grens met Lesotho ‘bestaan nie meer nie’


Suid-Afrika se grens met Lesotho strek oor sowat 1 000 km, en groot dele hiervan grens aan die Vrystaat. Oorgrensmisdaad is al geruime tyd besig om handuit te ruk. Gemeenskappe – dorpe en boere wat teen die grens lê – is raadop.

Ons praat hieroor met dr. Jane Buys, veiligheidsrisiko-ontleder van Vrystaat Landbou.