SA se power munisipaliteite


Dit gaan power in die meeste van Suid-Afrika se munisipaliteite. Dis iets wat duidelik geword het nadat die ouditeur-generaal haar verdoemende verslag uitgereik het, en ook die Ratings Afrika-verslag wat waarsku dat die munisipale sektor finansieel in duie gaan stort. Ons praat hieroor met dr. Harlan Cloete van die departement van openbare administrasie en bestuur by die Universiteit van die Vrystaat.