Sakeliga deur Hof verhoed om meer uit te vind oor probleem-munisipaliteite


Die nie-winsgewende organisasie, Sakeliga, het die ouditeur-generaal hof toe gevat om die bestuursverslae van 154 probleem-munisipaliteite openbaar te maak. Die hooggeregshof in Pretoria het Sakeliga se aansoek egter van die hand gewys. Ons praat hieroor met Piet le Roux, bestuurshoof van Sakeliga.