Sal Eskom beter diens lewer as munisipaliteite?
Munisipaliteite regoor die land het teen einde Maart vanjaar ‘n verstommende R100 miljard aan Eskom geskuld. Dis 33% hoër as die vorige jaar, ondanks die Nasionale Tesourie se skuldverligtingsprogram wat munisipaliteite moet bystaan om hulle Eskom-skuld te bestuur. Volgens Eskom het dié reuse skuld deur munisipaliteite hulle genoop om voor te stel om sekere munisipaliteite se elektrisiteitsverspreiding oor te neem. Wat beteken dit vir verbruikers?
Ons praat hieroor met die spesialis-energiejoernalis, Antoinette Slabbert.