Slaweboek ryg pryse in


Eunice Visser

Aanstaande jaar sal dit presies ‘n 190 jaar wees wat slawerny amptelik in die Kaapkolonie afgeskaf is. Dit sou nog vier jaar duur, voor slawe ten volle bevry sou word in 1838. Kultuurhistorikus Eunice Visser se boek, DIE KAAPSE SLAWE: 1652 TOT 1838, ryg die een toekenning na die ander in.

Dié monumentale boek van meer as 700 bladsye, is onder meer met die Rapport/kykNET-prys, die LW Hiemstra-prys van die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenksap en Kuns en met ‘n ATKV-woordveertjie bekroon.