Slim elektrisiteitsmeters is nasionale veiligheidsrisiko


Die minister van elektrisiteit, Kgosientsho Ramokgopa, en Eskom se plan om slim elektrisiteitsmeters te installeer teen ‘n beraamde koste van R16 miljard, hou ‘n nasionale veiligheidsrisiko vir Suid-Afrika in.

Volgens Ramokgopa sal dit verpligtend vir huishoudings wees om die meters te installeer om die kragverbruik, saam met beuetkrag, te bestuur. Daar is sowat sewe miljoen kragmeters in die land. Maar wat is die gevare wat dié slimmeters inhou?

Professor Basie von Solms, verbonde aan die Universiteit van Johannesburg se sentrum vir kuberveiligheid, sluit by ons aan.