Smokkelsigarette, Experian debakel, Gumede-skande en meer


Maandag 24 Augustus 2020
  • Die Hooggeregshof in Kaapstad het nog geen uitspraak gelewer in die saak wat die tabakbedryf teen die regering gemaak het nie.
  • Die Universiteit van Kaapstad stel navorsing bekend oor die effek van die inperking op tabak verkope.
  • In Stellenbosch in die Wes-Kaap trek die straat-kunsuitstalling “Gemaskerde Meesterstukke” heelwat aandag.; en
  • ons praat met ‘n Suid-Afrikaner wat gesinne van die oorledenes van die treinontsporing naby Stonehaven in Skotland bygestaan het.

LuisterLuister

Maandag 24 Augustus 2020

  • Leerlinge in die meeste grade gaan vandag terug skool toe.;
  • Dr. Marlene le Roux is verkies tot die voorsitter van die ATKV direksie.;
  • Suid-Afrikaners sal slegs oor naweke kan gaan fliek by rolprentteaters.;
  • en Deense navorsers is bekommerd oor die feit dat beleidsmakers nie die impak van vetsug in ag neem wanneer hulle inperkings afkondig nie.
Vrydag 21 Augustus 2020
  • Die kredietburo, Experian, is geinfiltreer en die kontakbesonderhede van verskeie banke se kliënte, is uitgelek;
  • die organisasie teen belasting misbruik sê die heraanstelling van Zandile Gumede is ‘n klap in die gesig van Suid-Afrikaners en
  • die aantal kinders wat deur treine getrap word, omdat hulle op treinspore speel, neem landwyd toe.
  • Landbou-organisasies is opgewonde oor vooruitskattings van ‘n goeie oesjaar,
  • rolspelers in die teaterbedryf sê, dit voel as die regulasies in die staat van inperking doelbewus daargestel is om die bedryf te kniehalter; en
  • restaurant- en kroegeienaars glimlag breed met die verskuiwing na vlak 2 van inperkings, maar is die verbod op die korrekte manier opgehef?