Splinternuwe musiekreeks oor die Eurovision-liedjiekompetisie begin 2 Julie


Abba se Waterloo, Save you kisses for me deur Brotherhood of Man, Sir Cliff  se Congratulations en die die Italiaanse liedjie Volare is almal treffers uit die Eurovision-stal.

Op  Sondag, 2 Julie begin ’n splinternuwe musiekreeks oor die Eurovision-liedjiekompetisie.

Hierdie kompetisie word dan ook as die grootste kompetisie van sy soort op die planeet beskou. Met hierdie reeks gee ons graag erkenning aan die groot bydrae wat die Eurovision-kompetisie sedert 1956 tot internasionale ligtemusiek lewer en gaan ons kyk na die interessante en buitengewone  gebeurtenisse wat die kompetisie oor die afgelope 67 jaar opgelewer het.

Ilse Schürmann is al vir  dekades agter die skerms betrokke by die Suid-Afrikaanse musiekarena en sal die navorsing, teks en regie van die reeks behartig.

Elsje van Jaarsveld is die aanbieder en Wihann Nel sal die reeks tegnies versorg.

Eurovision word elke Sondag van 2 Julie tot 24 September 2023 net na die 18:00-nuus en weerberig op RSG uitgesaai.

ABBA en die kompetisie in 1974 vir Swede:

Brotherhood of Man wen die kompetisie in 1976 vir Engeland:

Cliff Richard wen tweede prys in die kompetisie in 1958 vir die Verenigde Koninkryk:

Domenico Modugno van Italië wen die kompetisie  in 1958 vir Italië met Volare:

Celine Dion wen die kompetisie in 1988 vir Switserland:

In 1964 wen Italië die kompetisie met sangeres Gigliola Cinquetti:

In 1967 wen Engeland die kompetisie met Sandie Shaw wat Puppet on a String sing:

 

Meer oor die Eurovision liedjiekompetisie:

https://eurovision.tv/

https://en.wikipedia.org/wiki/Eurovision_Song_Contest

https://www.radiotimes.com/tv/entertainment/eurovision-song-contest-winners/