Suksesresep van die beste sekondêre stad in SA


Good Governance Africa se bestuursprestasie-indeks vir munisipaliteite is onlangs bekend gestel. Dit dui die beste en vrotste munisipaliteite in die land aan.

Onder die top metros in die land tel Kaapstad en Ekhuruleni.

Die swakste metro is Mangaung in Bloemfontein.

Die beste groot dorpe is Saldanhabaai en Swartland, en die swakste is Mahikeng in Noordwes en !Kheis wat Groblershoop in die Noord-Kaap insluit.

Die beste sekondêre stad volgens Good Governance Africa, is die Drakenstein-munisipaliteit wat dorpe soos die Paarl, Wellington en Mbekweni insluit. Om oor Drakenstein se sukses te praat, sluit die munisipale bestuurder, dr. Johan Leibbrandt, by ons aan.