Tegnologie só ingespan om aanhitsers van Julie-onluste vas te trek


Dis te danke aan tegnologie dat ‘n klomp aanhitsers van verlede jaar se Julie-onluste in ‘n gekoördineerde operasie landwyd vasgetrek is. Maar dis glo het einde niet – nog ‘n klomp inhegtenisnemings word verwag. Watter rol het tegnologie agter die skerms gespeel in die aanstokery van die duurste onluste ter wêreld die afgelope dekade, volgens die onlusversekeraar Sasria? En hoe is die aanstokers uiteindelik deur daardie einste tegnologie opgespoor? Jan Vermeulen van My Broadband vertel meer.