Thembi se groot dag
6 Desember 2024 was Thembi se groot dag—haar matriekafskeid! Ons is so opgewonde om hierdie belangrike dag saam met haar te vier!
‘n GROOT dankie aan Van Wyk Oosthuizen Attorneys vir die wonderlike finansiële bydrae en ook aan elke luisteraar wat bygedra het—julle steun beteken die wêreld vir Thembi!
‘n Groot dankie aan Bankenveld Gastehuis vir die pragtige bruids-suite, waar Thembi gaan regmaak vir haar groot dag!
Dankie aan Blossom Beauty Bar vir die naels, Audi West Rand vir die pragtige kar, en Stilista Beauty Salon vir al haar skoonheidsbehandelings – van wenkboue en wimpers tot gesigbehandelings en voetbehandelings.
‘n Hartlike dankie aan Rhen Industrial Group wat seker gaan maak dat Thembi by al haar afsprake gaan uitkom gedurende die dag, en aan Nates Restaurant vir die versnapperings deur die loop van die dag.
Baie dankie ook aan die fotograaf van Giovanni Toldo Photography, wat Thembi se hele dag meegemaak het en vasgevang het op kamera sodat sy dit nooit vergeet nie.
En dan natuurlik vir Thembi se pragtige rok; ontwerp en gemaak deur ons vennote van die RSG Matriekafskeidsprojek – Elizabeth Galloway Academy of Fashion – julle is ‘n wonderlike span. Studio 47 in Somerset-Wes het die lap geborg waaruit Thembi se rok gemaak is.
Ons eie Blaine Jones het die dag saam met Thembi geniet.