Twee nuwe howe vir grondsake


President Cyril Ramaphosa het onlangs wetgewing goedgekeur wat twee nuwe howe tot stand sal bring. Die Grondsakehof en die Grondsake-appèlhof sal uitsluitlik kwessies soos grondhervorming en dispute oor grond hanteer. Die twee howe vervang die Grondeisehof. Volgens die Ramaphosa, sal die hof die stadige pas van grondhervorming versnel. Die regering het die afgelope drie dekades sedert 1994, byna R60 miljard aan grondhervorming bestee.

Ons praat hieroor met Annelize Crosby, hoof van regsintelligensie by die landbousakekamer, Agbiz.