Uitlewering en Interpol-samewerking


Wie kan uitgelewer word? Hoe werk dit as Suid-Afrika iemand aan ‘n ander land moet uitlewer en as iemand aan Suid-Afrika uitgelewer word? Waar pas Interpol in die prentjie?

Adv. Johan du Toit van die Nasionale Vervolgingsgesag sluit by Ian Wessels en Igna Klynsmith aan om te praat oor Suid-Afrika se uitleweringsooreenkomste met ander lande.