Verwarring oor eiendomsreg en grondkwessies


Monitor: Donderdag 1 Maart 2018

Die Instituut vir Rasseverhoudinge sê daar is wydverspreide verwarring oor die fynere besonderhede van die ANC se planne om die grondwet te verander sodat grond sonder vergoeding van eienaars geneem kan word. Die Nasionale Vergadering het ‘n mosie oor grondonteiening van die EFF aanvaar. Die beleidsgenoot by die Instituut wat grondkwessies bestudeer, Terrence Corrigan, sê artikel 25 van die grondwet het nie net betrekking op landbougrond nie. Metzi van der Merwe doen verslag.