Voyager sateliette beur voort meer as 18 miljard km van die aarde af


Voyager 2

Die Voyager satelliete is tans die verste mensgemaakte voorwerpe wat die ruimte ingeskiet is. Voyager 2 beleef tans beurtkrag omdat sy kernkrag oor jare afgeneem het.

Nietemin is die satelliet nog funksioneel al is hy 122,6 astronomiese eenhede van die aarde af. ‘n Astronomiese eenheid is die afstand van die aarde af na die son – 150 miljoen kilometer.