Vrydagaand: ‘Afrika in Afrikaans’-konsert op RSG


Anna Davel

Op Vrydag 28 Oktober saai RSG weer die Afrika in Afrikaans-konsert uit as deel van ons 85ste verjaarsdagvieringe.

Die Afrika in Afrikaans-konsert is ’n reis deur tydlose Afrika- en Afrikaanse treffers onder leiding van die pianis en klavierspeler Janine Neethling. Dit is tydens RSG Kunstefees 2014 in Auckland Park voor ’n gehoor op die planke gebring.

Gloria Bosman

Die kunsternaars is Gloria Bosman, Timothy Moloi en Anna Davel met Janine

Timothy Moloi

Neethling as musiekregisseur.

Die aanbieder is Johan Rademan.

Liedjies van Danie Bosman, Koos Kombuis, Mango Groove, Johnny Clegg, Koos Doep en Johannes Kerkorrel is ingesluit.

Vrydagaand se programskedule is effens aangepas om die heruitsending van die goedvoel-konsert te akkommodeer.

Programlooporde:

20:00 Afrika in Afrikaans (konsert)

21:35 Nuus en weer

21:45 Laataandboekvoorlesing

22:00 Musiek sonder grense

23:00 Nuus en weer

23:10 Laataandkuier

TJIL verval.