Waar het Brian Molefe ontspoor van ster tot staatskaper?


Mens sou nie kon dink die dag sou sommer aanbreek dat die oud-Transnet- en Eskombase, Brian Molefe, Anoj Singh en hulle trawante van Regiments Capital saam in ‘n hof sou verskyn nie. Dís wat onlangs gebeur het nadat hulle in hegtenis geneem en op borgtog van R50 000 elk vrygelaat is. Brian Molefe was eens op ‘n tyd die ster van staatsondernemings. Hy sal jou maklik vertel hoe hy Eskom beurtkragvry gemaak het, selfs al vra jy hom nie. Sy val was dramaties, met sy krokodiltrane en stories oor die Saxonwold-shebeen nog vars in die geheue. Ons praat met OUTA se Rudie Heyeneke oor hierdie spesifieke saak, wat gaan oor die verkryging van lokomotiewe vir Transnet, en hoor waar die aangeklaagdes die spoor byster geraak het.