Waarom bestaan ligene?


Ligene in Noord-Kaap. Foto: Francois Swanepoel

Watter rol speel ligene in die ekostelsel?, vra ‘n luisteraar aan die span wetenskaplikes van Hoe verklaar jy dit?

Ligene – wat is eintlik twee soorte organismes is wat simbioties saamleef  naamlik ‘n alg en ‘n swam – maak dikwels baie mooi en kleurvolle patrone op boomstamme en rotse (kyk foto’s onder.)

Die span vertel meer oor dié interessante organisme, die verskillende vorme en kleure en dat geen twee ligene dieselfde is nie.

Na raming word 6% van die aarde oppervlakte begroei met ligene. Daar is meer as 20 000 verskillende spesies ligene, met baie verskillende groeivorme (sien foto’s onder.) Dit word beskou as een van die aarde se oudste lewende organisme.

Ligene kom oral in die wêreld voor, van seevlak tot die Alpe. Dit kan op enigiets groei: op blare, boomstamme, rotse, mos, op ander ligene.

Ligene is baie sensitief vir besoedeling en versteurings in die omgewing, en kan as meting vir skoon lug gebruik word. Sommige ligeen-spesies groei nog net in gebiede en streke met baie suiwer en skoon lug. Ligene is al ingespan in die maak van kleurstowwe, parfuum en in tradisionele medisyne. ‘n Paar ligeen-spesies word deur insekte of selfs rendiere gevreet.

Lees meer oor ligene:
https://en.wikipedia.org/wiki/Lichen

Ander vrae wat beantwoord word, is:

– Hoekom neem dit langer om biltong in die koue droë wintermaande droog te kry, as in die die warm somermaande wanneer daar heelwat vog in die lug is?

– Wanneer ‘n mens ‘n beker koffie in die mikrogolfoond warm maak, hou dit dadelik op kook wanneer jy dit uithaal. Hoekom begin dit weer kook as jy dit 10 sekondes later met ‘n teelepel roer?

Ligene op boomstam

Rotsligene in Noordwes

Rotsligene naby Williston

Ligene (foto: Francois Swanepoel).

Ligene in die Bo-Karoo