Waarom kraai hane in die nag en nie net met dagbreek nie?


“My buurman se hane kraai in die nag en nie net met sonsopkoms nie. Waarom kraai hulle in die nag?”

Dít is een van die vrae van luisteraars wat die span wetenskaplikes in Hoe verklaar jy dit? beantwoord. Die program is onder leiding van Chris Swanepoel.

Ander vrae wat beantwoord word, is:

– Kan daar meer as een oorsaak wees vir die knoppe op melkhoutbome se blare en die afsterf van groeipunte?

– En wat veroorsaak gelerige knoppe agter ‘n marmergeitjie se kop?