Wat beteken die groot uitbarsting aan die agterkant van die son?


Ons ster, die son, is woelig. Daar was ‘n paar weke gelede ‘n geweldige groot uitbarsting aan die agterkant van die son. Wat sou die implikasie wees sou dit aan die voorkant plaagevind het?

Daar was ook berigte dat ‘n stuk vuurpyl in die maan vasgevlieg het. Die maan is sowat 390 000 km van die aarde af. Die vraag ontstaan oor wat presies dit was, aangesien dit heeltemal te ver is vir ‘n stuk ruimterommel.