Wat is jou kans om ‘n oorerflike siekte te kry?


‘n Mens hoor dikwels ‘n siekte is oorerflik. Genetika kan ‘n groot rol speel in siektetoestande soos kanker, demensie, hartkwale en selfs as jy sukkel om swanger te raak. Om vas te stel wat jou kans is om ‘n siekte te kry, as jy byvoorbeeld ‘n familiegeskiedenis daarvan het, kan jy ‘n genetiese raadgewer gaan sien.

Ons begin vandag met ‘n reeks oor genetika, en sal die volgende 13 weke, elke Woensdag, met die genetiese raadgewer, Frieda Loubser van Kaapstad, gesels.