Wat is ‘n atroskopie?


Deur sleutelgat-snitte word die atroskoop-instrumente in die knie geplaas – een met ‘n kamera aan die voorpunt en die tweede met die instrument wat nodig is vir die beplande prosedure.

Dr Callie Ackerman met die materiaal wat vir ‘n volle knievervanging gebruik word, in die voorgrond.

Ons het al almal die woord atroskopie gehoor, maar wat is dit?

Ortopede kan deesdae ’n magdom ‘operasies’ deur ’n atroskoop met sleutelgat-chirurgie doen. Hulle kan stukkies been uithaal, deeltjies glad maak, bloeding beheer en selfs ’n nuwe knieligament konstrueer en vasheg.

Het jy geweet ortopede kan met sleutelgatchirurgie en die gebruik van atroskope (wat letter beteken gewrig + skoop/kyk) ‘n nuwe, sterk kruisligament rekonstureer. Hulle doen dit deur ‘n deeltjie van die tendon van die hamstring af te sny, dit vierdubbel te vou, en dan deur spesiale gaatjies in die benige deel van die gewrig te boor, die tendon vas te heg.

Die anterior kruisligament van die knie kan deur atroskopiese chirurgie herskep word. Die nuwe ligament kan uit dun repies van die patella-tendon (A) of die hamstring tendon (B) herskep word. Dr Ackermann bespreek die prosedure met die repie hamstring-tendon.

Marí Hudson gesels met dr. Callie Ackermann, ortopeed by Netcare Blaauwberg, oor atroskopieë.

Luister ook:
Wat is die jongste in knie-vervangings?

https://www.rsgplus.org/gesondheid/die-nuutste-oor-knievervangings/