Wat is Tourette-sindroom?
Het jy al gehoor van Tourette-sindroom? Wat is dit? Wat is die simptome en die behandeling? Hoe raak dit ‘n mens se lewe? Marí Hudson praat met prof. Petrus de Vries, ‘n kinder- en tienerpsigiater van die Rooikruis Kinderhospitaal, oor dié probleem.
Tourette Sindroom – opsommende notas deur prof Petrus de Vries
I. Die tipiese simptome en tekens van Tourette’s:
1. Definisie van TICs – onwillekeurige, vinnige, herhalende, nie-ritmiese, doellose beweging (tipies een kant van lyf)
2. Twee tipes TICs – MOTORIES (kan dit sien) of VOKAAL/FONIES (kan dit hoor) 3. Motoriese tics (sigbare bewegings)
a) EENVOUDIG – oogknip, frons, lippe beweeg, neus beweeg ens.
b) KOMPLEKS – hop, spring, aanraak, spin, lek, knyp ens. 4. Vokale/Foniese tics (hoorbare geluide of klanke)
a) EENVOUDIG – hoes, keelskoonmaak, snuif, blaf, fluit ens.
b) KOMPLEKS – woorde, frases, sinne, dieregeluide, ongewone asemhalingpatrone ens.
5. Koprolalie/kopropraksie – vloekwoorde/lelike tekens as TICs in Tourettes kom tipies voor in slegs 10% van mense met Tourettes.
II. Hoe maak ons die DIAGNOSE:
1. Tourettes = vir meer as 1 jaar is daar 2 of meer motoriese EN een of meer vokale TIC
2. Chroniese TIC toestand = Motoriese OF vokale/foniese tic vir meer as 1 jaar 3. Provisionele/Voorlopige TIC toestand = motoriese OF vokale/foniese tic vir minder as 1 jaar
NB 10% van ons het tics op een of ander stadium, so dit is deel van normale ontwikkeling ook!
III. Tipiese patroon van TICs:
1. Meer seuns as dogters
2. MOTOR TICS begin tipies tussen 4-6 jaar ouderdom
3. VOKALE TICS begin tipies tussen 6-8 jaar ouderdom
4. Diagnose dikwels tussen 7-11 jaar ouderdom
5. TICs beweed dikwels van ‘bo na onder’: Gesig, dan skouers, arms, maag bene, ens.
6. NB ‘waxing and waning’ – kom en gaan so kom in ‘bouts’. So, party dae niks, dan baie op klomp.
7. PREMONOTORY URGE – baie mense herken ‘n gevoel in hulle lyf dat ‘n TIC kom
8. Meeste mense kan TICS onderdruk, veral in skool
IV. Wat maak tics erger of beter?
1. Erger:
Opgewonde/angstig
Moeg, honger
Praat daaroor, staar Iemand se om op te hou
2. Beter:
Aktief bv stap, hardloop, knip, fietsry…
Slaap
Koors
3. NB elke kind het eie patron van wat beter/erger maak – dit is belangrike stap van behandeling.
V. Patroon van TICs met tyd:
1. ‘Wax and wane’, maar 75% van kinders met Tourettes, ontgroei dit teen 18!!
2. TICs kom dikwels voor saam met ander neuro-ontwikkelings toestande:
- ADHD
- OCD of obsessief kompulsiewe gedrag (bv aggressiewe, gewelddadige,seksuele idees, impulse, beelde; compulsies: simmetrie, perfeksionisme,‘just so’, doen-en-oordoen, aanraak)
- Aggressiewe episodes
- Spesifieke leerprobleme (veral wiskunde)
- Outisme
- Depressie en angstigheid
VI. Beginsels vir behandeling:
1. BEGINSELS:
- Leer van TICs
- Leer jou eie patron van beter/erger
- Voed ander op in familie, gemeenskap, skool
- As TIC kom doen iets wat dit beter maak
- Hou dop vir KOMORBIDITEITE van Tourettes – ADHD, OCD, Angstigheid,Depressie, spesifieke leerprobleme. As dit daar is – DIAGNOSEER ENBEHANDEL AS PRIORITEIT.
- Medikasie vir Tourettes KAN as: baie erg, voorkom eet, drink, werk,veroorsaak pyn
- Medikasie opsies sluit in Clonidien, Haloperidol, atipiese antipsigotika(stadig, lae dosisse, min verander, moniteer tics). Raadpleeg ‘n dokter en spesialis oor medikasies.
Waar kan ek meer leer?
- Tourettes Action – ‘n Engelse Liefdadigheidsorganisasie vir Tourettes:
- https://www.tourettes-action.org.uk
- Tic Disorders – A guide for Parents and Professionals. Uttom Chowdhury and Tara Murphy [Hierdie is ‘n uitstekende en leesbare boekie oor Tourettes en Tic toestande. Dit is beskikbaar deur sekere boekwinkels en deur die internet].
Notas deur Prof Petrus de Vries, Universiteit van Kaapstad 6 Junie 2018