Wat weet jy van die Voyagers, die tuie verste van die son af is?


Toe die Voyager-tuie in die sewentiger jare gelanseer is, is ‘n goue plaat saamgestuur. In Sterre en Planete vanaand gesels die span of dié plaat nog enige nuut het in die digitale eeu.  Die Voyagers is tans die tuie wat die verste van die son af is.

Oudergewoonte is Lafras Smit ook op sy pos om meer te vertel wat in Januarie in die lugruim te sien gaan wees.

Die spanlede van Sterre en Planete is Willie Koorts, Matie Hoffman en Lafras Smit.  Hennie Maas is die programleier.