Waterregte mag só oorgedra word, beslis Hof


Waterreghouers in Suid-Afrika het verlede week ‘n belangrike oorwinning in die konstitusionele hof behaal. Dit gaan oor die manier hoe waterregte oorgedra kan word ingevolge die Waterwet. Die hof het ‘n appèl deur die regering van die hand gewys en ook bevestig dat vergoeding wel betaal kan word vir iemand se waterregte.

Maar die saak het ‘n lang aanloop en ons praat met Janse Rabie, hoof van regs- en beleidsake by AgriSA, om te verduidelik waar die saak vandaan kom en wat die implikasie van die grondwetlike regters se eenparige uitspraak is.