Weet jy wat is in daai maermaak-inspuiting?


Jy wil gewig verloor. Die advertensie belowe vinnige gewigsverlies – met ’n inspuiting deur ’n dokter! Beteken dit dat as ’n dokter die inspuiting gee, dit veilig is en werk? Wat spuit hy in? Wat doen bykomende menslike plasentahormoon, groeihormoon en ander middels aan jou liggaam?

Marí Hudson het in Gesondheid op RSG gesels met prof. Tess van der Merwe, endokrinoloog verbonde aan die Universiteit van Pretoria se mediese fakulteit.

Dit het in die gesprek duidelik geword dat van die middels wat ingespuit word of gevaarlik is of glad nie werk nie, slefs kanker kan veroorsaak, en dat dokters wat betrokke is by dié praktyke nie op hoogte is van die jongste bewysgebaseerde wetenskaplike inligting oor dié middels nie. Van die inligting is ontstellend en skokkend; van die ander inligting laat ‘n mens jou kop in ongeloof skud.