Wie is Chris Papas, jong politikus op TIME se Top100Next-lys?


Chris Papas

Chris Pappas is pas opgeneem op die tydskrif, Time, se Top100 Next-lys vir jong leiers. Hy is ook eergister amptelik aangewys as die DA se premierskandidaat vir KwaZulu-Natal in aanstaande jaar se verkiesing.

Hy is nou byna twee jaar die burgemeester van die uMngeni-munisipaliteit, wat onder meer Howick, in die KwaZulu-Natalse Middelande, insluit. Dis die enigste volstrekte DA-beheerde munisipaliteit in KwaZulu-Natal.

Chris is 32 en van Griekse afkoms, maar praat vlot Zoeloe.