Wie is Gen Z nou eintlik?


Die PEW-navorsingsentrum beskryf Generasie Z, of soos hulle meer algemeen bekend is, Gen Z (Zie), as jong mense wat tussen 1997 tot min of meer 2012 gebore is. Greta Thunberg is een van die wêreld se bekendste Gen Z’s. Talle ouer generasies soos Baby Boomers en selfs Millenials, beskou Gen Z as identiteits- en aandagsoekend en verstaan hulle nie.

In ‘n dokumentêre reeks van vyf episodes wat tans op M-Net te sien is, Habits of Gen Z, word daar gesels met verskillende generasies, waaronder talle Gen Z’s, oor waardes, indentiteit, dwelms, diversiteit, die verlede en die toekoms.

Jo Munnik is ‘n bekroonde regisseur en joernalis wat onder meer vir BBC, VICE en CNN werk gedoen het. Sy is ook die regisseur van Habits of Gen Z en sy sluit vanoggend by ons aan.