Wink die Derde Wêreldoorlog?


Die Derde Wêreldoorlog klop aan die deur – ‘n direkte gevolg van Rusland se oorlog met Oekraïne. Oos-Europa is bang, en die res van Europa en selfs Amerika, behoort ook bang te wees. Dis die mening van die Hongaarse Eerste Minister, Viktor Orbán.

Hongarye deel ‘n grens van net minder as ‘n 140 kilometer met Oekraïne. Die Eerste Minister se woorde was skaars koud, toe die New York Times die nuus breek dat die Noord-Koreaanse leier, die berugte Kim Jong-oen, met Rusland in gesprek is oor wapentransaksies. Noord-Korea maak die Weste warm onder die kraag met sy gereelde toetse van wapentuig in die see.

Boonop het die Amerikaanse Minister van Buitelandse Sake, Antony Blinken, gister nog ‘n miljard dollar-hulppakket aan Oekraïne beloof.

Ons praat hieroor met professor Abel Estehuyse, verbonde aan die Universiteit Stellenbosch se Fakulteit Krygskunde.