Wonderneut vir gewigsverlies is toksies, kankerwekkend en ‘n foefie


Die sogenaamde wonderneut wat giftig is en kanker kan veroorsaak

Is die sogenaamde wonderneut vir diaree en gewigsverlies skadelik vir ‘n mens se gesondheid? Daar word deesdae baie gewag gemaak van die sogenaamde “wonderneut” wat ‘n mens help om deur middel van diaree gewig te verloor. Maar is dit skadelik.

Dít is een van die vrae wat die span wetenskaplikes op Hoe Verklaar Jy Dit? beantwoord.

Die kort antwoord is: dit giftig, kankerwekkend en het al verskeie lewens geëis. Al die aansprake is ‘n foefie en gewigsverlies deur diaree is gevaarlik, blote vogverlies en tydelik. 

“Geen mens met gesonde verstand kan dink dat gewigsverlies deur diaree gesond is nie.” – Een die wetenskaplikes op Hoe Verklaar Jy Dit?

Die sogenaamde wonderneut word op verskeie webwerwe en facebook-bladsye te koop aangebied onder verskeie name soos Zemiente (zemiente.com); Nuez de la India (nuezdelaindia.co.za); Indian Walnuts (indianwalnutsa.co.za); Leynate (indianwalnutsa.co.za); Magic Nut (magicnut.co.za); and others.seeds (nuts) of Aleurites moluccanus (L.) Willd. Dit is bekend as Indian Walnut, Nuez de la India, Candleberry of Kemiri. Die sogenaamde wonderneut is die saad van Euphorbia spesies (spesifiek Aleurites moluccanus (L.) Willd.), ook bekend as die kikoejoeboom, wat wyd in die wêreld voorkom.

Een van die webwerwe waar die sogenaamde wonderneute bemark, besing en verkoop word, en geen woord gerep word oor die toksisiteit, kankerwekkende eienskappe en sterftes nie. Ook nie dat dit in verskeie lande verbied word nie.

Die neut is olieryk en word gebruik vir vernis en in kosmetiese produkte. As dit gekook of gerooster is, is dit nie meer toksies nie, en gekookte of geroosterde neute kan dus in kos gebruik word.

Maar die produk wat verkoop en bemark word, is die rou sade/neute. As die produk tot diaree lei, is dit die rou sade/neute.

Die rou neute bevat uiters toksiese verbindings wat die slymvlies van die maag- en dermkanaal só irriteer dat dit tot diaree en selfs die dood kan lei. Die rou neut versterk ook kankerwekkende stowwe en kan tot kanker lei. Voorts kan dit nie vet verbrand of cholesterol verlaag soos op die advertensies aangedui nie. Daar is letterlik geen kliniese studies wat enige aansprake of die veiligheid van die middels ondersteun nie. Inteendeel, die toksisiteit van die sade het al tot verskeie sterftes gelei.

Só word die wonderneut geadverteer met vals aansprake, en geen melding van toksisiteit of rol in kankerwekking nie.

Verskeie lande soos Spanje, Argentinië, Chile en Brasilië verbied die verkoop van hierdie neute juis omdat verskeie sterftes weens die gebruik van die sade aangemeld is.

Voorts is die verkoop van die neute ook onwettig in Suid-Afrika aangesien alle verkopers van hierdie neute by die Medisynebeheerraad geregistreer wees, en die produk self moet deur die Medisynebeheerraad goedgekeur en geregistreer wees, en daar is geen van hierdie produkte by die Medisynebeheerrrad geregistreer nie. Die Medisynebeheerraad sal ook geen van hierdie produkte goedkeur vir verkoop nie, en het ‘n verklaring uitgereik waarin hulle waarsku teen dié giftige middels.

Die Medisynebeheerraad en die wetenskaplikes beskou die verkoop van die middels as oneties.

Die waarskuwing wat deur die Medisynebeheerraad uitgereik is:
“It has come to the attention of the Medicines Control Council that there is an increase in the usage of the seeds (nuts) of Aleurites moluccanus (L.) Willd., also known as Indian Walnut, Nuez de la India, Candleberry or Kemiri. The product is advertised and sold online as a natural weight loss solution, with extraordinary claims made about its effect in stimulating weight loss. The Medicines Control Council has not evaluated any products containing this ingredient for safety, effectiveness or quality, and has therefore not evaluated any of the evidence for their use. The Medicines Control Council is not aware of any human clinical trials evaluating the oral use of this nut for such purposes.

It is, however, known that the seeds (nuts) and other parts of the plant may potentially be toxic due to the presence of phorbol esters, saponins, toxalbumin and hydrogen cyanide. These compounds have irritant properties and are, therefore, very strong purgatives. They may also act as potent tumour promoters (co-carcinogens). Phorbol esters can also be very irritating to the skin and eyes and ingestion of the seeds (nuts) has been reported to cause vomiting, gastrointestinal pain, and diarrhoea. The toxic effects in humans are reported to range from severe gastrointestinal irritation to death.

Over the years, various health agencies have received reports of the seed’s toxicity. Agencies in countries such as Spain, Argentina, Chile and Brazil have prohibited the use of the seeds due to deaths reportedly caused by their ingestion for weight loss purposes.

The Medicines Control Council would like to warn consumers that the action of this nut appears to be intended to induce vomiting and/or diarrhoea. There is no other evidence that suggests any other mechanism that would aid in weight loss.

Council therefore encourages all consumers to be mindful of the potential toxicity and public health risks associated with the use of Indian Walnut (Aleurites moluccanus) and recommends that its use be avoided in the interest of public safety. Furthermore, all sellers of products containing these nuts or preparations thereof when intended to be used as a slimming agent, are reminded that these products are subject to registration as medicines. Effective control of such products is in the best interests of the public, and will be pursued with the necessary rigour.

DR JC GOUWS
REGISTRAR OF MEDICINES”

Die ander vrae wat in Hoe Verklaar Jy Dit? beantwoord is, is:

  • ‘n Gestreepte sywurm, oftewel ‘n zebra sywurm

    Hoekom kry ‘n mens gestreepte én wit sywurms?

  • En wat veroorsaak dat ‘n groot verskeidenheid fungi vanjaar skielik hulle verskyning in ‘n tuin in Centurion gemaak het?