As ‘n werker elke Vrydag siekverlof neem…


Het jy probleme met werkers wat gereeld op Maandae en Vrydae siekteverlof neem? Igna Klynsmith beantwoord vrae oor dié netelige kwessie.

Kan die uitlating “Sê vir daardie swartman hy moet nou dadelik die motor verwyder!” lei tot afdanking op grond van rassisme?

Igna Klynsmith bespreek ‘n hofsaak hieroor met Ian Wessels.

Hy beantwoord ook luisteraars se vrae oor of die eienaar of vruggebruiker verantwoordelik is vir die betaal van munisipale heffings.