Word dele van Bruin identiteit verswyg?


Danie van Wyk, voorsitter van die DAK Netwerk, het ‘n interessante artikel op Litnet gepubliseer. Hy verwys daarin na wat hy noem die “versweë Bruin identiteit”, met ander woorde dat dele van hierdie groep se identiteit, of soms selfs hulle hele identiteit, verswyg of misken word. Dis uit die aard van die saak ‘n sensitiewe onderwerp, maar een waaroor Danie baie nagedink het vir hierdie omvattende artikel. Ons raak aan van die belangrikste punte met Danie.

Doen jouself ‘n guns en gaan lees ook sy volledige artikel op Litnet – dit sit mens defnitief aan die dink:

“Gemengdheid”: aanvaarbaar of verwerplik? ’n Soeke na ’n versweë bruin identiteit