Wynbedryf voor kruispad: Vernuwe of vasval?


Die wynbedryf is by ’n kruispad. Tydens die South Africa Wine Summit op Stellenbosch het rolspelers koppe bymekaar gesit oor die toekoms van die bedryf – een wat tradisie eer, maar ook vernuwing omarm. Die bestuurshoof van South Africa Wine, Rico Basson, waarsku dat die wêreld nie nóg wyn nodig het nie, maar eerder wyn van gehalte en met waarde. Ons praat met hom oor die uitdagings, moontlikhede en die pad vorentoe vir die wynbedryf in Suid-Afrika.