Zuma se belastingrekords mag bekend gemaak word


Die Konstitusionele Hof het beslis dat belastingrekords van individue onder sekere omstandighede bekend gemaak mag word, onder meer wanneer daar beduidende openbare belang is.

Dit volg nadat die tydskrif, Financial Mail, en die ondersoekende joernalistieksentrum, AmaBhungane, ‘n aansoek ingevolge die wet op die bevordering van toegang tot inligting gebring het. Die Suid-Afrikaanse Inkomstediens het die aansoek geweier, dit het in die Hooggeregshof en toe die Konstitusionele Hof gedraai.

Om met ons hieoor te gesels, sluit die belastingkenner, dr. Albertus Marais van AJM Tax, by ons aan.