Luister weer: Kansellasiekultuur – Die puntjie van die ysberg


Vier proffesore – Willie Burger van Tuks, Pieter Duvenhage van Akademia, Joan Hambidge van Ikeys en Johann Rossouw van Kovsies – sit om die tafel saam met driemalige Akademiepryswenner Johan Rademan om te kyk na twee kante van die munt oor die moderne verskynsel van skrapping, uitwissing en kansellering van mense in die samelewing. Hulle besin oor die jongste vorm van sensuur, ‘n uitvloeisel van menswees, wat reeds oor eeue aankom.Kansellasiekultuur, Kanselleerkultuur, Sensuurkultuur, Retrosensuur, Uitsluitkultuur, Skrapkultuur en Boikotkultuur  is maar ‘n paar vertalings en omskrywings van “cancel culture”.

Luister na die volledige dokumentêr:

 

 Die nuwe dodelike vorm van sensuur is maar ‘n puntjie van die ysberg wat oor eeue van magskonflik, debat, geregtigheid en eiegeregtigheid strek.

Godsdiens, Seks, Politiek. Die onderwerpe  en die elemente wat daarmee gepaardgaan en saamval, is in ‘n groot mate die katalisators wat lei tot kansellering van mense.

Arme Dr Seuss word ook nou met die groot mes bygekom.

Godsdiens:
 ‘n Paar voorbeelde van boeke wat “gekanselleer” is, is The Davinci CodeThe Satanic Verses, Harry Potter, Going Clear en The Wonderful Wizard of Oz.

Seks:
Lady Chatterleys Lover, Ullysees, Lolita, Song of Solomon, en The dark.

Politiek:
Mein Kampf, Anne Frank, Dr Chivago, Wild Swans, Operation Dark Heart en All Quiet on the Western Front.

Selfs kinderboeke het nie die slagtersmes ontglip nie.

Roald Dahl se kinderboeke word ook verander. Maar die teenkanting is so groot dat Penguin uitgewers aangekondig het dat sy werk in oorspronklike vorm as ‘Klassieke’ weergawes weer uitgegee gaan word.

Agter elke boek is n mens, ‘n skrywer, wat op die vituele brandstapel van die kansellasiekultuur geplaas word – een van die wreedste metodes van sensuur.

Johan Rademan het teen die agtergrond nader aan die ysberg gevaar om ‘n Suid-Afrikaanse perspektief op die oorsake en ontwikkeling van die boikotkultuur te gee.

Luister op 16 Maart na sy dokumentêr op RSG.

Suid-Afrikaners en veral Afrikaanses het eers teen die middel van die vorige eeu ’n bewussyn ontwikkel van die skrapkultuur toe Andre P Brink se Kennis van die aand ongewens verklaar is en kort daarna Ettienne le Roux se Magersfontein, o, Magersfontein.

Die mag was gesetel in die Publikasieraad en sensuur-arms van die regerende bewind, teenoor die lukrake, soms reg en soms verkeerde, sosiale mediaplatforms wat die kansellasiekultuur stook.

Iewers tussen die regering, uitgewer, skrywer, publikasieraad of sensuurraad en die publiek het ‘n magspel plaasgevind deur rade en howe.

Die Kansellasiekultuur werk skrikwekkend direk tussen boek, feit, menings en publieke magsblokke op sosiale media.

Elemente van woke wees en gaslighting en aktiviste vind dit maklik om hul saak te stel en mense, bewegings of groepe te teiken. Soms reg, soms verkeerd.

Die medewerkers aan die program is:

Prof Johan Rossouw

 

Prof Johann Rossouw, hoof van die departement Filosofie en Klassieke aan die Fakulteit Geesteswetenskappe van die Universiteit van die Vrystaat:

“Die ironie daarvan is: hier word gewerk met ‘n hiperonverdraagsaamheid in die naam van verdraagsaamheid”

Prof Joan Hambidge

Prof Joan Hambidge, afgetrede Professor en Genoot aan die Universiteit van Kaapstad:

“ons het onlangs ‘n baie warm debat, polemiek, beleef rondom SJ Naudë en HP van Coller en dit het twee generasies teenoor mekaar opgestel”

Prof P Duvenhage

Prof Pieter Duvenhage, dekaan van Geesteswetenskappe aan Akademia:

“Iemand kon nie so maklik gekanselleer word in die era van die boekdrukkuns nie, maar met die Radio en TV versnel die media…”

Prof Willie Kruger

Prof Willie Burger, Professor in literatuur en literêre teorie en hoof van die Departement Afrikaans aan die Universiteit van Pretoria:

“dit gaan oor die weerhouding van ‘n persoon uit die gemeenskap op grond van ‘n uitlating of gedrag of opmerking wat ‘n persoon gemaak het”