2 Matrikulante se spesiale matriekafskeidsfunksies danksy RSG en 7de Laan se projek


Athluano

Athluano Stevens van Robertson en Alistacia Arendse van Worcester was die gelukkige wenners van RSG en 7de Laan se Matriekafskeidprojek.

Alistacia

Athluano se matriekafskeid het die 27ste September plaasgevind en Alistacia het die 19de Oktober haar spesiale dag gehad.

Ons het in Mei vanjaar die matriekafskeid-projek bekend gestel. Sowat 83 motiveringsbriewe is ingestuur deur ons luisteraars en die twee gelukkige wenners – een seun en een meisie – is gekies om ‘n pak en rok te ontvang wat spesiaal vir hulle gemaak is deur 7de Laan se garderobe-afdeling.

Athluano en Fran-Rico

Fran-Rico Lucas van Intune op RSG het albei geleenthede bygewoon en vir hom en fotograaf David Muller was hierdie twee matrikulante se stories spesiaal en lewensveranderend.

Fran-Rico en Alistacia

David Muller van https://davidmullerphotography.co.za/ het albei matrikulante se stories op RSG gehoor, en hy wou hierdie spesiale dae vir Allistacia en Athluano verewig.

David Muller_fotograaf en Fran-Rico Lucas van RSG

Kyk gerus hier na ‘n paar foto’s wat David geneem het.

Die foto’s van Athluano, sy metgesel, ma en vriende:


Die foto’s van Alistacia  se groot dag: